Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het ‘n bloutjie in die Konstitusionele Hof geloop in ‘n poging om ‘n uitspraak te herroep wat toestemming gee vir ‘n ondersoek na haar geskiktheid om haar amp te beklee. Haar aansoek is eenparig van die hand gewys.
Die hooggeregshof wou nie eers Mkhwebane se aansoek aanhoor nie.
Die uitspraak beteken dat Mkhwebane se pogings om die Parlement te keer om voort te gaan met sy ondersoek na haar geskiktheid om die amp te beklee, asook om president Cyril Ramaphosa te verbied om haar te skors, hangende die uitslag van die Konstitusionele Hof se uitspraak, is nou van nul en gener waarde.