Skip to main content

Twee rowers is doodgeskiet nadat hulle glo probeer het om ‘n ryloper te beroof.

Die provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela, het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om rylopery te vermy. Die pleidooi deur die generaal kom na aanleiding van ‘n skokkende voorval waarin twee beweerde rowers noodlottig geskiet is terwyl hulle na bewering ‘n man Donderdag oggend naby N4 in Nelspruit probeer beroof het.

Volgens die berig het twee verdagtes in ‘n silwergrys VW Polo in die rigting van Malelane gery en ‘n voetganger ‘n saamrygeleentheid aangebied. Hulle het glo langs die pad naby die plaas Croc Valley afgetrek, waar een van die beweerde rowers glo ‘n mes uitgehaal het en op die man wat ‘n saamrygeleentheid gekry het, gerig. Die man het glo sy vuurwapen uitgehaal en na bewering albei mans geskiet. Beide beweerde rowers het aan hul wonde beswyk. Hul liggame moet nog geïdentifiseer word.

Die polisie ondersoek die voorval. Die vuurwapen wat gebruik is, is intussen gekonfiskeer asook die mes en die voertuig. Die items sal deel vorm van die ondersoek.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die VW Polo moontlik verbind kan word met ander aangemelde voorvalle van gewapende rooftogte waar rylopers by verskeie gebiede rondom Nelspruit beroof is.

Leave a Reply