Skip to main content

’n Polisiebeampte is Woensdagmiddag tydens ’n kaping in Bulwerweg in Glenwood, Durban, doodgeskiet terwyl hy probeer het om ’n kaping in Umbilo, Durban, te voorkom. Die skietery het voor sy dogter se skool plaasgevind.

“Adjudant-offisier Michael Jameson het homself onmiddellik aan diens geplaas en op die voorval gereageer. Toe die rowers agterkom dat die lid gewapen was, het die verdagtes losgebrand. Die lid het teruggeskiet, maar het ongelukkig op die toneel aan sy beserings beswyk,” het Kolonel Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, gesê.

Die rowers het onmiddelik na die voorval van die toneel gevlug. Die gekaapte voertuig en ‘n tweede voertuig, wat voorheen in Hammarsdale gekaap is, is op die toneel gelaat. Beide voertuie is tydens die voorval beskadig.

Fannie Masemola, Nasionale polisiekommissaris, het gesê, “Ons sal nie rus totdat die oorlede lid se moordenaars opgespoor en aangekeer is nie. Sodat hulle antwoord vir hierdie gevoellose daad nie”.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om hul naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!