Skip to main content

ISAAC CLOETE

Selfs die boere help nou die polisie om plantdiewe vas te trek.

Onlangs het die Garies-polisie asook ‘n boere-gemeenskap gehelp om vyf mans te vang. Die polisie, onder leiding van sers JH de Waal en konst JH Isaacs, was ondersteun deur  AgriForumlede.

Die gemeenskap het ‘n Toyota Etios opgemerk wat verdag gelyk het. Die vermeende diewe was hierna gearresteer vir die onwettige besit van en vervoer van bedreigde plante, volgens luit/kol Sergio Kock, polisiewoordvoerder.

Die span het gesien hoedat ‘n sak deur die verdagtes uit die voertuig geslinger word. Nadat hulle dit deursoek het, het hulle op 2 060 conophytum-plante afgekom.

Dit was gekonfsikeer, asook vier selfone en die voertuig, omdat dit vermoedelik  gebruik was om ‘n misdaad te pleeg.

Nog onlangs was vier stropers tot sewe jaar tronk toe gestuur vir die besit van bedreigde vetplante van die Ais Ais/Richtersveld Oorgrens Park. ‘n Multi-sektorale span het hulle in 2020 vasgetrek omdat hulle 4 beskermde halfmensbome (Pachypodium Namaquanum) gesteel het.

Volgens Zandisile Luphahla, ‘n woordvoerderder van die departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming is alle veldplante in die Noord-Kaap  beskerm en ‘n permit is nodig om dit te verwyder, vervoer of besit.

Volgens kapt Paul Swartbooi van die Nama’s, moet die media ‘n indiepte ondersoek doen oor plante wat die polisie-beamptes konfiskeer. Dit na aanleidig van gerugte  dat polisie in Namakwaland, veral Springbok, waarskynlik ook betrokke is by die onwettige besit van bedreigde plantspesies.

Die bewering was dat een een bekende polisie met die beskermde plante gevang was wat hy veronderstel was om in die register te skryf.

Daar het  toe ‘n stem- en Whats App-boodskap in September die rondte gedoen dat ‘n vooraanstaande polisielid glo hiervoor toegesluit was volgens Swartbooi.

Oor gerugte van moontlike plantstropery onder polisielede het Andrews het gesê dat nog geen gevalle by hom aangemeld was nie. Hy het erken dat sake soms lank vat om afgehandel te word en plante kan uitdroog.

“Plante moet ingeboek word en na ongeveer drie dae magtig ek ‘n rit dat die plante na die laboratoruim vervoer kan word vir ontleding.”

Swartbooi vra nou: “Wat word van die hordes plante wat die polisie en ander organisasies afvat by mense? Wie sien toe dat die plante weer hervestig word? Of  beland dit maar net weer in die sluikhandel?”

Leave a Reply