‘n Amerikaanse man wat gesterf het twee maande nadat hy ’n geneties gemodifiseerde varkhartoorplanting ontvang het, het waarskynlik beswyk aan ’n varkvirus waarmee die oorgeplante hart besmet is, het sy dokter Woensdag onthul.
Die hartsiekte-pasiënt David Bennett Sr is in Maart dood, twee maande nadat hy die interspesie-oorplantingsoperasie in Baltimore ondergaan het.
Alhoewel hy aanvanklik goed op die prosedure, die eerste van sy soort, gereageer het, het sy herstel nie gehou nie, en ‘n woordvoerder van die hospitaal waar hy dood is, het aanvanklik gesê daar is “geen ooglopende oorsaak” vir sy dood nie.
Dr. Bartley Griffith, wat die oorplanting op Bennett uitgevoer het, glo egter nou sy dood is deur varksitomegalovirus veroorsaak – ’n voorkombare infeksie wat glo nie mense kan besmet nie. Terwyl die vark, verskaf deur die biotegnologiefirma Revivicor, veronderstel was om vry van alle patogene te wees, het Griffith aan die MIT Technology Review gesê die span glo die skenkervark is besmet.