Skip to main content

‘n Durbanse polisieman is gister voor sy dogter se skool in Umbilo dood nadat hy ‘n kaping probeer verhoed het. Hy was nie aan diens tydens die gebeure nie.

“Woensdagmiddag omstreeks 14:15 het die 52-jarige ao Michael Jameson sy dogter by ‘n skool in Umbilo opgelaai toe hy opgemerk het dat ‘n kaping aan die gang was. Die lid het homself dadelik aan diens geplaas en op die voorval gereageer.

“Toe hulle agterkom dat die lid gewapen was, het die verdagtes losgebrand. Die lid het teruggeskiet, maar het ongelukkig op die toneel aan sy beserings beswyk,” het ‘n polisiewoordvoerder kol Athlenda Mathe Mathe gesê.

Die voertuig wat gekaap was, asook die wegkommotor wat in Hammarsdale gekaap was, is later verlate gevind. Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Die ondersoek duur voort.

 

 

Leave a Reply