‘n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van die voormalige SAL-direksievoorsitter, Dudu Myeni, nadat sy gister versuim het om in die hof te verskyn. Dit het veroorsaak dat haar saak, waar sy die identiteit van ‘n beskermde getuie by die 2020 Staatskapingskommissie-Ondersoek moes bekend maak, vir ‘n tweede keer uitgestel was.
Myeni is deur die staat aangekla van belemmering van die regspleging, of regsverydeling, asook ‘n alternatiewe aanklag van oortreding van die kommissie.
Myeni se eerste verskyning in die Johannesburgse landdroshof was op 29 Maart 2022.