Elon Musk, die uitvoerende hoof van Tesla en SpaceX, het gesê hy mag dalk aan sekere gebruikers ‘n fooi hef vir die gebruik van Twitter. Die miljardêr het verlede week ‘n ooreenkoms aangegaan om die sosiale media-platform te koop.
“Twitter sal altyd gratis wees vir alledaagse gebruikers, maar miskien is daar ‘n geringe koste vir kommersiële/regeringsgebruikers,” het Musk Woensdag getwiet.
Hy het opgevolg met nog ‘n twiet: “Uiteindelik was die ondergang van die Vrymesselaars om hul dienste (stone-cutting services) verniet weg te gee.”
Hy het bygevoeg: “Sommige inkomste is beter as niks!”
Twitter het geweier om kommentaar oor die saak te lewer toe Reuters hulle gekontak het.
Die sosiale media-platform was nog altyd gratis vir verbruikers. Reuters het egter verlede week berig Musk het aan banke wat ingestem het om sy aankoop van Twitter van $44 miljard te help finansier, gesê hy sal maniere vind om twiets geld te laat te verdien. Musk het destyds geweier om kommentaar oor die saak te lewer.