Skip to main content

Volgens SA se nuutste Covid-19-reëls is Jan Publiek steeds opgesaal met maskerdra tydens die gebruik van openbare vervoer en in publieke geboue. Kinders in skole hoef egter nie met maskers in klaskamers te sit nie.

Joe Phaahla, die minister van gesondheid, is die septerswaaier oor die verpligte dra van maskers totdat hý anders besluit.

Wysigings aan gesondheidsregulasies is laat gisteraand aan die publiek bekend gestel enkele ure voordat die 30-dae reëls wat ingestel is om die einde van die ramptoestand aan te kondig, outomaties sou verval.

Leave a Reply