Die bekende spotprenttekenaar Fred Mouton (75) is Woensdagmiddag aan kanker dood nadat die siekte in 2018 by hom gediagnoseer is.
“ʼn Mens het dit verwag, maar dit verander nie die feit dat dit ʼn skok is wanneer iemand se stem stil raak nie,” het Bun Booyens, oudredakteur van Die Burger en vriend van Mouton, gistermiddag gesê.
Mouton het 52 jaar lank vir Die Burger gewerk, het meer as 10 000 spotprente geteken en was maar die derde spotprenttekenaar in die koerant se geskiedenis. Hy het ook spotprente vir onder meer Landbouweekblad, Weg!, WegRy&Sleep en Huisgenoot geteken.