Skip to main content

President Cyril Ramaphosa was eergister verhinder om ‘n toespraak te lewer tydens die Cosatu-werkersbyeenkoms by die Royal Bafokeng-stadion in Phokeng in Rustenburg. Woedende Sibanye-Stillwater-goudmynwerkers, wat al etlike weke staak, het hom van die verhoog af gejou.

Die Mei-saamtrek is ‘n belangrike gebeurtenis op die drieparty-alliansie (ANC, Cosatu, SAKP) kalender, en dit is die eerste keer in Ramaphosa se presidentskap waar hy gedwing was om die verhoog te verlaat sonder om ‘n toespraak te kon lewer. Die werkers is woedend oor hoe Cosatu hul loonstakingkrisis hanteer.

Ramaphosa is deur sy lyfwag na ‘n polisievoertuig gelei voordat dit weggejaag het.

Leave a Reply