Skip to main content

Die skietdood twee weke gelede van ‘n vermeende lid van die Ghettos-bende in Landsdowne, het ‘n skerp styging in bendeskietery in Hanover Park tot gevolg gehad. Dié man sou glo die volgende leier van die bende wees.

Die gebied het nou in ‘n volwaardige oorlogsone ontaard aangesien bendelede nou om plekke in die rangorde wedywer.

Volgens inwoners is die gebied baie onstabiel. Hulle wou nie hulle name bekend maak nie, maar het die volgende gesê: “Ons word gyselaar gehou deur hierdie gangsters; die skietvoorvalle duur steeds voort. Dit gebeur gewoonlik omstreeks 11:00 of laatmiddag,” het ‘n inwoner gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!