Die Economic Freedom Fighters (EFF) is van plan om binnekort sy eie vakbond te stig.
Luidens berigte het die partyleier, Julius Malema, in sy toespraak by ‘n saamtrek op 1 Mei in Middelburg, Mpumalanga provinsie, gesê dat sy party se arbeidshulp dikwels tekortskiet as hulle vir werkers moet ingryp aangesien die EFF nie ‘n vakbond het nie. Hy beoog nou om een te stig. Sy siening omtrent ‘n EFF vakbond: “Daardie vakbond sal nooit uitverkoop nie. Daardie vakbond sal altyd aan die werkers se kant wees”.
Volgens Malema kies vakbonde altyd die werkgewers se kant, en dit skep ‘n vakuum vir werkers, iets wat die EFF beoog om te vul.