Nadat skokkende bewerings oor kindermishandeling waarby Die Antwoord, ‘n rap-rave-duo, glo betrokke is, het nog mense na vore getree met bykomende skoknuus.
‘n Egpaar uit Kaapstad beweer nou dat Die Antwoord se Anri du Toit (Yolandi Visser) en Waddy Jones (Ninja) hul eie minderjarige dogter vir dae lank op ‘n keer by die egpaar se woonstel gaan aflaai het sonder enige klere of selfs ‘n tandeborsel.
Die owerhede het nou by die saak betrokke geraak. Ben Jay Crossman, die groep se voormalige filmmaker en kunstenaar, het ‘n beëdigde verklaring verskaf oor die mishandeling wat hy gesien en ervaar het.