Die presidensie sal vanoggend die vierde deel van die staatskapingskommissieverslag in ontvangs neem.
“Die presidensie sal hierdie deel van die verslag publiseer kort nadat dit, omstreeks 10:00, deur die sekretaris van die kommissie, prof Itumeleng Mosala, aan die presidensie voorgelê is,” het die presidensie in ’n verklaring gesê.
Daar was gister uitstel gegee in die hooggeregshof in Pretoria vir die laaste aflewering van die staatskapingsverslag na ‘n dringende aansoek wat onbestrede geslaag het. Die datum vir inhandiging is nou amptelik 15 Junie nadat daar voorheen ooreengekom is om dit teen einde April in te handig.