Skip to main content

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ‘n 78-jarige man in ‘n vlak graf in sy agterplaas in Cresta, Northcliff in Johannesburg gevind is.

‘n Huurder het die slagoffer as vermis aangemeld nadat hy onraad vermoed het omdat hy die slagoffer vir ‘n paar dae nie gesien het nie. Hy het ook opgemerk dat die slagoffer se motor, ‘n wit VW Polo, nie in die erf was nie.

Na verdere ondersoek deur die polisie is daar vasgestel dat die motor in Johannesburg rondbeweeg. Die slagoffer se bankkaarte was ook in gebruik.

Deeglike ondersoek het gelei tot die arrestasie van ‘n tuinier en huishulp wat in die tydperk in diens van die slagoffer was. Daar is twee ander verdagtes wat vermoedelik betrokke is by die voorval ook gearresteer.

Die verdagtes het ‘n vlak graf uitgewys in die slagoffer se agterplaas waar hulle na bewering die slagoffer vermoor en begrawe het.

Al vier verdagtes wat na bewering Malawiese burgers. Hulle word aangekla van ontvoering, moord en regsverydeling. Hulle sal na verwagting vandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!