Nes met mense, beskik elke vark oor individuele gedragseienskappe wat hul persoonlikheid uitmaak. Sommige varke is meer oproerig en nuuskierig, terwyl ander meer ontspanne en skugter is.
Ander interessante feite oor varke is:
dat hulle nie sweetkliere het nie, en dus nie kan sweet nie,
dat hulle slimmer as honde is, (hulle is een van die slimste diere te wêreld),
dat hulle met mekaar kan kommunikeer met meer as 20 vokaliserings,
dat hulle sosiale diere is,
dat hulle kan swem,
dat hulle uitstekende geheues het,
dat hulle daarvan hou om te speel
en dat hulle nie weet hoe die wolke of sterre lyk nie want hulle kan nie opkyk vanweë die anatomie van hul nekspiere en die ruggraat wat die beweging van hul kop beperk nie.