Skip to main content

‘n Tiener is na bewering een van die verdagtes wat gearresteer is vir die moord op die Levubu-egpaar.

Louis en Ina Cloete is oorlede nadat hulle vasgebind en hul plaashuis aan die brand gesteek is tydens ‘n huisroof op hul plaas Levubu naby Louis Trichardt verlede Woensdag.

Mashudu Malabi Dzhangi, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê, “twee van die verdagtes is op 21 April by hul opstal in Hasani-dorpie naby Malamulele in hegtenis geneem”.

Polisie-ondersoeke het aan die lig gebring dat die egpaar deur die verdagtes aangerand en vasgebind was. Die huis is daarna aan die brand gesteek voordat daar met die gesinsvoertuig gevlug is. Vuurwapens word ook vermis.

Die polisie soek steeds na ‘n derde verdagte.

Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, Kaptein Mashudu Lesley Muneri by 082 469 1260, die Stop Misdaadnommer 08600 10111 of die naaste polisiestasie te kontak.

Die twee verdagtes wat in verband met die moord op Louis en Ina Cloete in hegtenis geneem is, sal na verwagting op 11 Mei in die Vuwani-landdroshof verskyn.

Leave a Reply