’n Polisiebeampte en vier ander mense is in hegtenis geneem omdat hulle na bewering ‘n pangolien in Midrand, Johannesburg wou verkoop. ‘n Polisiespan het op vyf verdagtes, drie mans en twee vroue, by ‘n vulstasie toegeslaan, het ‘n polisiewoordvoerder, Kaptein Ndivhuwo Mulamu, gesê.
Hulle sal aangekla word van die onwettige handel in pangoliens en die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur-Biodiversiteit. Volgens die World Wildlife Foundation is pangoliens een van die diere wat die meeste verhandel word en wie se habitatte deur stropery en ontbossing bedreig word.
Pangolien-skubbe word gebruik vir tradisionele medisyne.