Ben Jay Crossman, ‘n ‘geheime kunstenaar’ in Die Antwoord, het sy spyt uitgespreek dat hy nie vroeër oor die uitbuiting en mishandeling van Anri du Toit (Yolandi Visser) en Waddy Jones (Ninja) teenoor hul pleegseun gepraat het nie.
Gabriel “Tokkie” du Preez was glo vir 12 jaar deur die internasionaal-bekende sterre as ‘n kinderslaaf ingespan, as minderjarige aan pornografie onderwerp en aangespoor om gewelddadige gedrag toe te pas sedert hy in graad 9 uit die skool gehaal is, berig news24.