’n Oos-Randse ma wat skuldig bevind is aan die verkragting en seksuele uitbuiting van haar seun het in die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg gesê sy voel nie skuldig nie omdat sy volgens haar nie enige van die genoemde oortredings gepleeg het nie.
Net voor die vonnisverrigtinge is ‘n 11-bladsy voorvonnisverslag gister aan die hof oorhandig waarin die ma sê dat sy nie verantwoordelikheid kan aanvaar vir iets wat sy nie gedoen het nie.