Skip to main content

Kangaroes is buideldiere, en is goed bekend vir hul vermoë om te spring. Iets wat hulle egter nié kan doen nie, is agteruit loop. Dit is oor die struktuur van hul sterte en hul reuse agterpote.

Juis vir hierdie redes is die kangaroe op die Australiese wapen. Dit simboliseer dat die nasie ‘net vorentoe beweeg’.

‘n Kangaroewyfie kan weer swanger raak terwyl ‘n joey (kangaroe-baba) nog in haar buidelsakkie is. Die jonger joey sal dan ‘n dormante toestand betree totdat die sakkie leeg word. Sodra die ouer broer of suster die sakkie verlaat, stuur die ma se liggaam hormonale seine om die jonger joey se ontwikkeling te hervat.

Nog ‘n interessante feit omtrent hierdie buideldiere is dat meeste van hulle ‘linkshandig’ is.

Leave a Reply