Skip to main content

Die Gautengse LUR vir menslike nedersettings, stedelike beplanning, samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, het gister bevestig dat sowat R90,4 miljard aan Gautengse munisipaliteite oor 90 dae verskuldig is.

Maile, wat die media hieroor ingelig het, het gesê die bedrag word opgemaak deur R70,3 miljard wat huishoudelike verbruikers skuld en besighede skuld R20,1 miljard.

Volgens hom het die bedrag vir ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes vir die 2020/21-boekjaar op R23,62 miljard gestaan, ‘n afname van R14,28 miljard vanaf die 2019/20-boekjaar, waarvoor die syfer R37,86 miljard was.

Leave a Reply