Vliegongelukke in SA neem toe. Daar heers groot kommer by die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid oor die aantal lugveiligheidsvoorvalle en -ongelukke in die land.
Volgens die ondersoekafdeling was daar 161 ongelukke in die 2021/20-boekjaar in die algemene lugvaartsektor. Dit sluit alle burgerlugvaartvliegtuigbedrywighede in, maar sluit kommersiële vervoer en lugrederye uit. Dit dui op ‘n toename van 66% vergeleke met die vorige boekjaar.