Luitenant-generaal Zola Dabula, die SA Nasionale Weermag se gsondheidshoof, het die aankoop van nie-goedgekeurde Kubaanse interferon goedgekeur nadat hy ‘toevallig’ deur sy Kubaanse eweknieë van die middel vertel is.
Interferon is ‘n outo-immuunmiddel vir “potensiële COVID-19-behandeling”.
‘n Verslag deur die ministeriële taakspan, aangestel deur Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die voormalige minister van verdediging en militêre veterane, het hierdie skokkende onthulling gemaak na ‘n ondersoek.