Skip to main content

‘n 15-jarige graad 10 leerling is na bewering herhaaldelik verkrag in die laer Cabazana-dorpie in Mount Ayliff in die Oos-Kaap voordat haar aanvaller haar oë met ‘n mes probeer verwyder het. Sy is ook in die gesig gesteek, met ‘n klip geslaan en vir dood agtergelaat.

Volgens haar tante, wat in ‘n onderhoud met City Press oor die voorval gepraat het, is dit ‘n wonderwerk dat sy leef.

“Sy het vir ons gesê dat die verdagte haar verskeie kere van 14:00 tot 17:00 verkrag het en toe vir haar gesê het hy kan haar nie lewend los nie aangesien haar ouma ‘n sangoma is.”

Die meisie het later haar bewussyn herwin, en probeer hulp soek.

“Sy is gevind deur mense wat haar geken het en het my familie en ‘n ambulans gebel. Teen die tyd dat sy by die hospitaal gekom het, het haar een oogbal uitgehang en die ander een is by die plek van die aanval agtergelaat. Ongelukkig het die dokters gesê hulle kan niks doen om die een oog te red nie, aangesien die are erg beskadig is,” het die tannie gesê.

Die dokters kon ook nie haar ander oog red nie.

Volgens Brigadier Tembinkosi Kinana, ‘n polisiewoordvoerder, is die verdagte se identiteit nog nie bekend nie. ‘n Saak van verkragting en aanranding is by die polisie geopen.

Leave a Reply