Skip to main content

Die SA Suikerriet-kwekersvereniging het onthul dat suikerrietverliese as gevolg van die onlangse vloede in KwaZulu-Natal sowat R222, 9 miljoen beloop.

Dr Thomas Funke van dié vereniging het gesê dat die skade volg nadat boere net mooi begin herstel het van die 2021 verliese as gevolg van die onluste en brandstigtings. Ongeveer 554 000 ton suikerriet is in die Julie 2021 onluste verbrand en dit het gelei tot verliese van R84 miljoen.

Meer as 300 boere het uitgebreide oes- en wortelskade op sowat 2 516,65 hektaar grond gehad.

 

Leave a Reply