Skip to main content

‘Richly House’ in Port Elizabeth word deur baie mense as die spookagtigste ‘spookhuis’ in Port Elizabeth beskou. Die stad se nalatenskap dateer uit die vroeë 1800’s en baie van die geboue in die middestad is meer as honderd jaar oud.

‘Richly House’ is een van ‘n ry huise wat in 1906 gebou is. Oor die jare is dit vir alles gebruik, van ‘n ouetehuis tot ‘n Tweede Wêreldoorlogse bordeel, en vandag is die spoke wat die huis bewoon, glo baie aktief .

Spookagtige verskynings sluit in ‘n nors ou man wat deur die eetkamer storm na die kombuis waar hy woedend potte en panne rondstamp, en ‘n non wat vergesel word deur klanke van ‘n huilende baba.

As daar dalk lesers is wat hul staaltjies met Die Waarheid Media wil deel, stuur gerus jou storie aan info@diewaarheid.com.

Leave a Reply