Skip to main content

’n Verhoorafwagtende wat tereg staan op aanklagte van moord, Juneal Jacobs, word steeds deur lede van die polisie en korrektiewe dienste gesoek nadat hy en twee ander gevangenes Woensdagaand omstreeks 20:00 uit die tronk in Malmesbury ontsnap het.

Die drie gevangenes het na bewering een van die hooftoegangsdeure van die tronk oopgebreek. Een van die ontsnaptes is dieselfde dag aangekeer terwyl die tweede een Donderdag in Riebeek-Wes, naby Malmesbury, in hegtenis geneem is.

Candice van Reenen, ‘n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Saterdag bevestig Jacobs word nog gesoek.

“Ons vra die gemeenskap om enige inligting oor Jacobs onmiddellik aan te meld. Ons herinner almal ook net weer dat indien hulle versuim om enige kontak aan te meld, hulle as medepligtiges in die saak geag sal word,” het Van Reenen gesê.

Die omstandighede by die tronk wat daartoe gelei het dat die drie kon ontsnap, word nog ondersoek.

Leave a Reply