Die polisie in Mpumalanga het ‘n Mosambiekse man in hegtenis geneem nadat ‘n taxibestuurder na bewering doodgekap is in ‘n voorval wat op 11 April omstreeks 23:00 op die N4-snelweg plaasgevind het.
‘n Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het gesê, “die man is verlede week by ‘n taverne in Mjajane, Hectorspruit, in hegtenis geneem vir die moord op die taxibestuurder”.
Die bestuurder is na bewering doodgekap deur ‘n bende van sowat 20 gewapende rowers wat skerp voorwerpe op die pad se oppervlak gegooi het.
Die aanval het tussen Hectorspruit en die Coopersdal-aansluiting plaasgevind.
Die polisieondersoek duur voort.