Skip to main content

Die Rhino Repro-motorfietsbyeenkoms word einde April by die Zwartkloof-wildreservaat buite Bela-Bela gehou.

Die saamtrek word beplan vir Saterdag 30 April. Die doel van die projek is om geld in te samel vir die bewaring van die krities bedreigde wit- en swartrenosterspesies.

Kundiges van die Rhino Repro-organisasie in die Waterberg-omgewing oes saadselle by van die renosterbulle om in geskikte renosterkoeie te plant. Dit kan die voortbestaan van die spesie ’n hupstoot gee.

Adele Smit, organiseerder en First Lady van die Warmbad Originals-motorfietsklub, het by navraag gesê hulle verwag minstens 1 500 motorfietse van plaaslike- en landwye motorfietsklubs by die saamtrek.

“Die hekke open reeds om 07:00 en besoekers word genooi om te deel in die dag se pret. Ons het ’n groot verskeidenheid stalletjies wat produkte en heerlike snoepe- rye sal verkoop. Sodra die motorfietsryers hul tente opgeslaan het, sal die groot kuier begin. Gelukkige trekkings sal elke uur gehou word teen R10 per inskrywing met ’n paar groot pryse op die spel,” het sy gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!