Skip to main content

Die provinsiale kommissaris, Luitenant-generaal Elias Mawela, het die gemeenskap bedank vir ‘n wenk wat gelei het tot die arrestasie van ‘n 47-jarige Zimbabwiese man wat Donderdag, 14 April, met verskeie vervalsde ID dokumente en bestuurslisensies in Hillbrow in sy besit gevind is.

Die polisie was besig met Operasie “O Kae Molao” toe hulle inligting opgevolg het oor ‘n man wat na bewering identiteitsdokumente en paspoorte in ‘n woonstel in Hillbrow, Johannesburg, vervals.

Die polisie het die man in sy woonstel in Hillbrow aangetref met verskeie vervalsde dokumente in sy besit.

Daar is op meer as 95 Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente, geboortesertifikate, slim identiteitskaarte, paspoorte, bankstate, Covid-19-sertifikate, werkpermitte, SAPD-vuurwapenlisensiebevoegdheidsertifikate, SASSA-kaarte, bankkaarte en ander dokumente beslag gelê.

Die verdagte is in hegtenis geneem en ‘n saak van bedrog word ondersoek.

Daar is ‘n moontlikheid dat nog aanklagte bygevoeg sal word hangende die ondersoek.

Leave a Reply