Skip to main content

Die Krugersdorp-landdroshof het gehoor hoe ‘n Pakastani-burger, Afran Ahmed, vals paspoorte by ‘n kantoor van binnelandse sake uitgereik het, waartoe hy saans toegang kon kry. Luidens berigte word hy daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein was agter die sindikaat wat paspoorte aan buitelandse burgers uitreik. Ahmed het saam met 26 ander, wat buitelandse burgers en Suid-Afrikaners ingesluit het, in die hof verskyn. Volgens ‘n polisiebeampte het hy met amptenare van binnelandse sake saamgespan om paspoorte te maak wat later aan onwettige immigrante gegee sou word. Hy het sy besigheid die afgelope drie tot vier jaar vanuit binnelandse sakekantore bedryf.

Die saak duur voort.

Leave a Reply