Suid-Afrikaners is die derde mees vetsugtige nasie in Afrika. Ons volg kort op die hakke van Libië wat die nommer een op die podium vol staan, en Egipte op nommer twee.
Africa Check het sy eie ondersoek onderneem na aanleiding van ‘n onderhoud op 5 Maart 2022 op die geselsradiostasie 702, waar vetsug met dr Fundile Nyati, die uitvoerende hoof van die gesondheidsadviesdiens Proactive Health Solutions, bespreek is.
Nyati het gesê Suid-Afrika is die mees vetsugtige nasie op die vasteland. Deskundige mening is dat dit moeilik is om vetsug in verskillende lande te vergelyk omdat sommige meer volledige data het as ander. Dit word nie aangehelp deur die feit dat liggaamsmassa-indeks ‘n beperkte maatstaf van vetsug is nie.
Africa Check het bevind dat Suid-Afrikaners in werklikheid derde is, nie eerste nie!