12 April 1942
Jacob Gedleyihlekisa Zuma is op 12 April 1942 in Nkandla in KwaZulu Natal gebore. Op die ouderdom van 17 het hy by die African National Congress (ANC) aangesluit en in 1962 ‘n aktiewe lid van sy militêre vleuel, uMkhonto weSizwe (MK), geword.
In 1962, terwyl hy op pad uit Suid-Afrika was, is hy gearresteer en aangekla van sameswering om die regering omver te werp. Nadat hy aan dié aanklag skuldig bevind is, is hy op Robbeneiland tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Met sy vrylating het hy weer aktief geraak in die organisering en mobilisering van die ANC-ondergrondse strukture in die destydse provinsie Natal.
In 1975 het hy Suid-Afrika verlaat en in ballingskap in Swaziland en Mosambiek gewoon.
In 1987 het hy na Lusaka, Zambië, verhuis en daar die pos van Hoof van Ondergrondse Strukture en later Hoof van die Intelligensie-afdeling van die ANC in ballingskap aanvaar. Ná die ontbanning van die ANC in 1990 was hy van die eerste ANC-leiers wat uit ballingskap teruggekeer het. Ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 is Zuma aangestel as die Minister vir Ekonomiese Sake en Toerisme in KwaZulu – Natal.
Verwysings
BBC News,”South Africa’s President Jacob Zuma”, Van: BBC News,(aanlyn), beskikbaar by: news.bbc.co.uk [Besoek: 5 April 2010]|