Skip to main content

Met die nat weer, temperature wat begin daal, en die las wat op die netwerk begin toeneem, doen Eskom in Gauteng ‘n beroep op lede van die publiek om elektrisiteit doeltreffend te gebruik om toevoeronderbrekings weens oorlading op sy elektrisiteitsinfrastruktuur die komende winter te stuit. Eskom teken tendense aan van hoë energievraag veral gedurende die winter, en veral gedurende spitstye soggens tussen 05:00 en 09:00 en in die aande tussen 17:00 en 21:00.

Om onnodige kragonderbrekings, beurtkrag en lasvermindering te vermy, raai Eskom kliënte in die Gauteng provinsie aan om hulle daarvan te weerhou om Eskom se netwerk onwettig te bedryf, die elektrisiteitsinfrastruktuur te vandaliseer, of elektrisiteitdiefstal te pleeg deur meteromleidings, meterpeutery en onwettige verkope. Hierdie aktiwiteite kan nie net ernstige beserings en sterftes tot gevolg hê nie, maar dit oorlaai die elektrisiteitsnetwerk en beskadig kabels, transformators en mini-substasies, wat uiteindelik tot langdurige kragonderbrekings lei.

“Ons doen ‘n beroep op klante om met ons saam te werk om hul verbruik te bestuur deur nie-noodsaaklike toestelle soos verwarmers en geisers gedurende die aandspitstyd af te skakel, en om alternatiewe verhittingsmetodes te oorweeg. Terwyl ons voortgaan met werk om dienste te onderhou, sal ons ook pogings om kredietbestuur, inkomste-invordering en energieverliese te verminder verskerp om te verseker dat ons kop bo water bly om ons finansiële verpligtinge na te kom”, sê Daphne Mokwena, Gautengse Groep Senior Bestuurder, Kliëntedienste.

Die kragvoorsiener sal sy openbare onderrig-pogings opskerp om te verseker dat kliënte gedurende die winterperiode op hoogte bly van die realiteite rondom elektrisiteitskwessies op die grond. “Ons doen ’n beroep op ons kliënte om met ons saam te werk deur vir hul elektrisiteitsverbruik te betaal. Diegene wat oortredings soos peuter met die elektrisiteitsinfrastruktuur, of voorafbetaalde kragkoepoens koop by onwettige verkopers, se krag sal gesny, beëindig of selfs van die Eskom-netwerk verwyder word,” het Mokwena afgesluit.

Leave a Reply