Die voormalige hoof van misdaadintelligensie, Peter Jacobs, asook vyf sleutelfigure wat in sy bestuurskring was, kan moontlik ‘n kriminele ondersoek in die gesig staar. Dit hou verband met ‘n uitgawe van meer as R100 miljoen aan spioenasietoerusting wat nog nooit gebruik is ná byna twee jaar nie.
Net voordat Jacobs en die ander hooggeplaaste offisiere in Desember 2020 geskors is, het hulle groot planne gehad om hul arsenaal van spioenasietoerusting te moderniseer en was duidelik bereid om baie geld te spandeer.
Die misdaad-intelligensie-afdeling se 15 hommeltuie, wat vir meer as R500 000 aangekoop is, kan net deur twee polisiebeamptes wat ‘n lisensie het om dit te vlieg, in werking gestel word.