8 April 1954
Vincent Oliphant, ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse digter, wiskundige en opvoedkundige is in 1954 in Alicedale, ‘n klein dorpie naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap, gebore.
Sy eerste gedigteboek, Bloed vloei in stilte, is in 1981 gepubliseer en het uit persoonlike gedigte bestaan. In 1995 ontvang hy die tweede prys in ‘n poësiekompetisie wat gehou is deur Concept, ‘n Belgiese kultuurorganisasie en is die volgende jaar genooi om deel te neem aan die jaarlikse Poetry International Festival in Rotterdam. Sy tweede digboek, Die sagte vlees, het in 1998 verskyn. Die gedigte in hierdie boek was meer gevarieerd as dié in sy eerste werk en het sosio-politieke sowel as persoonlike (spesifiek liefdes-) gedigte ingesluit.
Verwysings
vincentoliphant.blogspot.com,”Vincent Oliphant”,Vanaf: vincentoliphant.blogspot.com,[Aanlyn],beskikbaar by: vincentoliphant.blogspot.com,[Besoek op: 04 April 2014]|Versindaba,”Vincent Oliphant”,Vanaf: Versindaba, beskikbaar by: www.versindaba.co.za,[Besoek by: 04 April 2014]