Skip to main content

7 April 1886

Jan Carel Juta was ‘n Suid-Afrikaanse sakeman wat in 1824 in Holland gebore is. Hy het in 1853 na die Kaap in Suid-Afrika gevaar waar hy gou die maatskappy gestig het wat bekend geword het as die vader van alle uitgewersmaatskappye – JC Juta &Co.

Die Juta-maatskappy het in die 1850’s die reg gekry om naslaanboeke aan die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop te verskaf. Die maatskappy is tot vandag toe steeds ‘n leier in die publikasie van opvoedkundige materiaal en handboeke. Juta is op 7 (sommige bronne beweer 8) April 1886 in Chiswick, Londen, oorlede. Hy was getroud met filosoof, Karl Marx, se suster Louise en hulle het sewe kinders gehad.

Verwysings

Juta Law, Juta Juta and Company, van Juta Juta and Company Ltd., [aanlyn], beskikbaar by www.jutalaw.co.za [Besoek: 28 Maart 2013]|Rootsweb, Jan Carel Juta, van ancestry.com, [aanlyn] ], Beskikbaar by freepages.genealogy.rootsweb.ancestry.com [Besoek: 28 Maart 2013]

Leave a Reply