Skip to main content

Die stuk van die R23-pad tussen die Overkruin-ingang en die vierrigtingstop by Shalimarrif is besig om bekend te word as Heidelberg se “pad van die dood”.

Dìt nadat drie mense verlede Vrydagaand hul lewens verloor het toe twee voertuie op die stuk pad net voor die Overkruin-hek in ‘n ongeluk betrokke was.

Twee van die insittendes was ernstig beseer en is hospitaal toe geneem.

Daar is verskeie ongelukke die afgelope tyd daar aangemeld.

Die R23/Louwstraat-kruising, die R23/Heidelberg Kloof-kruising, die R23 tussen die HF Verwoerdbrug en Shalimarrif en die vierrigtingstop by Shalimarrif is almal “hotspots” waar noodlottige ongelukke plaasgevind het.

Leave a Reply