Skip to main content

Die Springbok-rugbyspan se ster-skrumskakel Faf De Klerk (30) gaan die Engelse Premierskap-klub Sale Sharks verlaat. Daar is gerugte dat hy dalk by ‘n Japanse klub sal aansluit.

Sy landgenoot Lood De Jager (29) sal hul ook aan die einde van die seisoen verlaat. De Klerk het 95 wedstryde vir die noordwestelike klub gespeel sedert hy in 2017 aangesluit het en 14 drieë en 39 doelskoppe in sy 241 punte aangeteken. De Jager het 25 verskynings vir die klub gemaak en drie drieë gedruk sedert hy ná die 2019 Wêreldbeker-toernooi aangesluit het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!