Skip to main content

Jy sal nou wel nie duiwe in ‘n casino raakloop nie, maar die feit is dat duiwe wel dobbel.

In ‘n studie gepubliseer deur Thomas R. Zentall en Jessica Stagner in The Proceedings of the Royal Society B, het navorsers ‘n apparaat geskep wat soortgelyk is aan menslike slotmasjiene en het die duiwe na verskillende sleutels laat pik om verskillende hoeveelhede korrels kos te ontvang.

Die wetenskaplikes het ontdek dat die meerderheid van die voëls baie gretiger was om die sleutel te pik wat een keer 10 korrels uitgegooi het, in teenstelling met die sleutel wat konsekwent elke keer 3 gelewer het. Basies het die duiwe verkies om die boerpot te probeer wen eerder as om dit veilig te speel – net soos menslike dobbelaars.

Leave a Reply