Bheki Cele, die minister van polisie, het gistermiddag Diepsloot besoek. Gemoedere loop hoog na bewerings van verskeie moorde in die gemeenskap, en inwoners het die paaie met brandende bande versper.
Die lyk van ‘n man was vanoggend in Diepsloot gevind. Hy is vermoedelik vermoor deur inwoners wat die wet in eie hande geneem het.
Die wyksraadslid, Abraham Mabuke, het gesê inwoners is “siek en sat” vir Cele se leë beloftes om misdaad in die gebied te hanteer. Volgens inwoners was daar die afgelope tyd ’n reeks moorde en die plaaslike polisiestasie doen niks daaraan nie.