Skip to main content

Lloyd Harris van Kaapstad (25) het op die ATP (Association of Professional Tennis)-lys tot nommer 40 geklim. Dit plaas hom vier plekke voor die voormalige wêreld se beste speler, Roger Federer van Switserland, wat gister 18 plekke tot die 44ste plek gedaal het.

Harris het die ‘laaste 16’ by die onlangse Miami Ope gehaal. Hy het in 2015 professioneel begin speel en tussen groot name beland toe hy in Augustus 2018 vir sy eerste hooftrekking by ‘n Grand Slam – die Amerikaanse Ope – gekwalifiseer het.

Leave a Reply