Karl Berg, ‘n wetenskaplike, het groenkoppapegaaie bestudeer en agtergekom dat die babas, kort nadat hulle gebore is, geneig was om baie spesifieke tjirpgeluide te maak.
Die papegaaie maak ook tjirpgeluide wat met hul familielede geassosieer word, en kan dit in ‘gesprek’ gebruik. Berg het selfs eiers van verskillende neste omgeruil om te sien of die spesifieke tipe tjirp geneties of geleerd is. Die studie dui sterk daarop dat die tjirps eintlik aangeleer is, en dat dit die papegaaiouers is wat die babas hul spesifieke kontak-roepe, of ‘name’ gee.