Skip to main content

Die oorlog in die Oekraïne jaag nie net die brandstofprys op nie, soos enigiemand wat onlangs in ‘n supermark was, kan getuig. Die prys van kookolie het oor die laaste weke meer as verdubbel.

Maar dit gaan erger in Duitsland.

‘n Groot klomp Duitse restaurants het slaptjips van die spyskaart verwyder weens die kookolie-tekort. Die Oekraïne is die wêreld se grootste sonneblomprodusent.

Die restaurante sluit die beroemde “Gaffel am Dom” in Keulen in.

Kenners voorspel dat die oorlog die ganse kitskosbedryf kan raak as dit veel langer voortgaan.

Leave a Reply