Skip to main content

‘n Vlieënier met sowat 30 jaar se vliegervaring se helikopter het Maandagoggend naby Parys in die Vrystaat neergestort.

Die ongeluk het omstreeks 08:40 plaasgevind. Die vlieënier is deur nooddienswerkers op die toneel dood verklaar. Hy was alleen in die helikopter. Kaptein Malebo Khosana, ‘n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Die vlieënier is later as die 71 -jarige Jurie Wessels geïdentifiseer. Hy was een van die grootste boere in die Hennenman-distrik.

Kaptein Malebo Khosana het gesê: “Daar word beweer dat Jurie vanaf Kroonstad op pad was na die Rockridge-plaas in Parys om monsters af te lewer.”

In hierdie stadium word vermoed dat sy helikopter moontlik kragdrade getref het net voor hy wou land.

Nasionale Burgerlugvaartowerheid is ingelig en na die toneel ontbied om die presiese omstandighede van die ongeluk te bepaal.

Leave a Reply