Gemeenskapslede offer hulle vrye tyd op om hiasinte uit die Bronkhorstspruitdam te verwyder.
Sodra die hiasinte uit die water getrek word, word dit na ‘n sloot op die reservaat verskuif waar dit uitgedroog word om gebruik te word om kommoditeite soos geweefde mandjies te maak vir herverkoop aan dieselfde gemeenskap wat gehelp het om die hiasinte te verwyder.
Die dam is eutrofies met blougroen alge en is sedert 2017 ’n probleem weens afvalwatersuiweringswerke en ander onwettige stortings.
Hierdie besoedeling veroorsaak ‘n oormaat sianobakterieë (blougroen alge), aangesien voedingstowwe soos nitrate en fosfate in die water alle soorte waterplante voed, insluitend die hiasint.
Die plant kan teen ‘n vinnige tempo voortplant deur sylote wat afbreek en in nuwe plante ontwikkel. Aktief-groeiende kolonies kan hul getalle elke 11-18 dae verdubbel.
Die hoofdryfkrag van die vinnig groeiende hiasinte is die swak waterkwaliteit wat die dam ontvang het van verskeie stroomop-aktiwiteite waarteen die forum die afgelope 5 jaar geveg het.
Die Bronkhorstspruit-opvanggebiedbestuursforum het die risikobepaling voltooi om met Kilomax (subdodelike bespuiting) te spuit tesame met die vrystelling van die waterhiasintplantspringer (megamelus) as biobeheer en vir ‘n spuitboom by die natuurreservaat asook om hiasinte met die hand te verwyder.