Skip to main content

5 April 1942

Die HMS Cornwall en HMS Dorsetshire, wat na Colombo gevaar het, het op 5 April 1942 gesink nadat hulle kennisgewing ontvang het van ‘n moontlike Japannese aanval op Ceylon (nou Sri Lanka).

Hierdie twee skepe het ‘n eenheid uitgemaak genaamd ‘aanvalsgroep A’.

Op 4 April is die Japannese aanvalsvloot opgemerk terwyl die skepe na die Addo-atol gevaar het.

Gedurende die middag van 5 April 1942, het ‘n vliegtuig van die Japannese skip Tone, die twee stoombote opgemerk terwyl hulle in die Baai van Bengale was. Kort daarna was laasgenoemde skepe aangeval deur duikbomwerpers van die Japannese vliegdekskepe Akagi, Soryu en Hiryu.

Die HMS Cornwall het binne 12 minute, nadat nege bomme daarop geland het, gesink, terwyl sy susterskip, die Dorsetshire, ongeveer ses minute later gesink het.

Op 6 April 1942 het drie Britse skepe, die HMS Enterprise, Paladin en Panther, 1 120 bemanning van albei skepe gered. Onder die oorlewendes was 86 Suid-Afrikaners.

Die HMS se kenteken word steeds op die Selbourne-droëdokmuur by Simonstad vertoon.

Verwysings

HMS Cornwall-County-tipe Heavy Cruiser [aanlyn], Beskikbaar by: naval-history.net [Besoek:4 April 2014]| HMS Cornwall (56) [aanlyn], Beskikbaar by: uboat.net [Besoek: 4 April 2014]]|Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau.)

Leave a Reply