Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse firma, Tharisa Capital, (TC) sê hy sal VS$250 miljoen belê om fase 1 van die Karo-projek in Zimbabwe in die volgende 24 maande te voltooi nadat hy volle beheer oor die platinummyn oorgeneem het.

TC is ‘n geïntegreerde hulpbrongroep wat betrokke is by eksplorasie, mynbou, verwerking en die veredeling, bemarking, verkope en logistiek van platinumgroepmetale (PGM’s) en chroomkonsentrate.

Volgens ‘n berig in The Herald het die groep sy opsie uitgeoefen en sy belang in Karo Mining, gewaardeer op VS$770,4 miljoen, tot 66,3 persent van 26,8 persent verhoog, en dit befonds deur die uitreiking van nuwe aandele ter waarde van VS$27 miljoen.

Phoevos Pouroulis, die hoof uitvoerende beampte van TC, het gesê die eerste fase is ‘n oopgroefmyn met ‘n lewensduur van 20 jaar en het die kapasiteit om 150 000 onse platinum per jaar te produseer.

“Die ontwikkeling van ‘n strategies beduidende vlak een, hoë-opbrengs, laekoste PGM (Platinum Group Metal) hulpbron is ‘n natuurlike evolusie vir Tharisa, aangesien dit sy strategie vervul om ‘n geïntegreerde gediversifiseerde ontwikkelaar van nuwe metaalbates te word, ” het hy Vrydag in ‘n verklaring gesê.

Die Zimbabwiese regering het ‘n belang van 15 persent in die Karo-projek en het ‘n opsie om nog 11 persent aan te koop.

Leave a Reply